Genesis 4
Cain and Abel
Gen 4:1 And Adam knew Eve his wife. And she conceived and bore Cain, and said, I have gotten a man from Jehovah.
Gen 4:2 And she bore again, his brother Abel. And Abel was a keeper of sheep, but Cain was a tiller of the ground.
Gen 4:3 And in the end of days, it happened, Cain brought to Jehovah an offering of the fruit of the ground.
Gen 4:4 And Abel also brought of the firstlings of his flock and of the fat of it. And Jehovah had respect to Abel and to his offering,
Gen 4:5 but He did not have respect to Cain and to his offering. And Cain glowed with anger, and his face fell.
Gen 4:6 And Jehovah said to Cain, Why have you angrily glowed? And why did your face fall?
Gen 4:7 If you do well, shall you not be accepted? And if you do not do well, sin crouches at the door; and its desire is for you, and you shall rule over it.
Gen 4:8 And Cain talked with his brother Abel. And it happened when they were in the field, Cain rose up against his brother Abel and killed him.
Gen 4:9 And Jehovah said unto Cain, Where is your brother Abel? And he said, I do not know. Am I my brother’s keeper?
Gen 4:10 And He said, What have you done? The voice of your brother’s blood cries to Me from the ground.
Gen 4:11 And now you are cursed more than the ground which opened its mouth to receive your brother’s blood from your hand.
Gen 4:12 When you till the ground, it will not again give its strength to you. And you shall be a vagabond and a fugitive in the earth.
Gen 4:13 And Cain said to Jehovah, My punishment is greater than I can bear.
Gen 4:14 Behold! You have driven me out from the face of the earth today, and I shall be hidden from Your face. And I shall be a fugitive and a vagabond in the earth, and it shall be that anyone who finds me shall kill me.
Gen 4:15 And Jehovah said to him, Therefore whoever kills Cain shall be avenged seven times. And Jehovah set a mark upon Cain so that anyone who found him should not kill him.
Gen 4:16 And Cain went out from the presence of Jehovah and lived in the land of Nod, on the east of Eden.
Gen 4:17 And Cain knew his wife, and she conceived and bore Enoch. And he built a city, and called the name of the city after the name of his son, Enoch.
Gen 4:18 And Irad was born to Enoch. And Irad fathered Mehujael. And Mehujael fathered Methusael. And Methusael fathered Lamech.
Gen 4:19 And Lamech took two wives to himself. The name of the first one was Adah, and the name of the other was Zillah.
Gen 4:20 And Adah bore Jabal; he was the father of those who dwell in tents, and with cattle.
Gen 4:21 And his brother’s name was Jubal; he was the father of all those playing the harp and the organ.
Gen 4:22 And Zillah also bore Tubalcain, the hammerer of every engraving tool of bronze and iron. And the sister of Tubalcain was Naamah.
Gen 4:23 And Lamech said to his wives, Adah and Zillah, Hear my voice, wives of Lamech, listen to my speech. For I have killed a man because of my wound, and a young man because of my hurt.
Gen 4:24 For Cain is avenged seven times, and Lamech seventy-seven times.
Gen 4:25 And Adam knew his wife again. And she bore a son, and called his name Seth. For she said, God has appointed me another seed instead of Abel, because Cain killed him.
Gen 4:26 And there was also a son born to Seth, and he called his name Enos. Then men began to call upon the name of Jehovah.
Prayer
Lord,
The trees of the forest sing out at Your presence Lord because you come to judge the earth
The earth shook, the heavens also dropped rain at Your presence God;
Sinai itself was moved at Your presence God, God of Israel.
The hills melted like wax at Your presence Jehovah
Earth, tremble at the presence of Jehovah, at the presence of the God of Jacob!
Don’t cast me from Your presence Lord…
In Your presence is fullness of joy
In the shelter of Your presence, You hide those who fear You, from human plots
Don’t cast me from Your presence Lord…
Glory and honor are in Your presence
You hide me in the secrecy of Your presence from the pride of man
Don’t cast me from Your presence Lord…
I come before Your presence with thanksgiving
I come before Your presence with singing.
Times of refreshing shall come from Your presence Lord.
Refresh me!
In Jesus’ name
Amen
Kain en Abel
1Die mens het by sy vrou, Eva, geslaap en sy het swanger geword. Sy het geboorte gegee aan Kain. Sy sê toe: “Met die hulp van die Here het ek ’n man voortgebring!” 2Daarna het sy geboorte gegee aan sy broer Abel. Toe hulle groot was, het Abel ’n veeboer geword en Kain ’n landbouer. 3Toe oestyd aanbreek, het Kain uit die opbrengs van sy landerye ’n offer vir die Here gebring. 4Abel het die beste uit sy lammers, die eerstelinge van die seisoen, en van hulle vet as offer gebring. Die Here het Abel en sy offer aanvaar, 5maar nie dié van Kain nie. Daaroor was Kain baie kwaad en neerslagtig.
6“Hoekom is jy so kwaad?” vra die Here vir hom. “Hoekom hang jou gesig so? 7Is daar nie aanvaarding vir jou as jy reg optree nie? Maar as jy weier om reg te doen, moet jy oppas! Sonde hurk by die deur om jou te oorweldig, maar jy moet dit oorwin.”
8Kain het met sy broer Abel gepraat en terwyl hulle in die veld was, het Kain sy broer Abel aangeval en hom doodgeslaan.
9Daarna vra die Here vir Kain: “Waar is Abel jou broer?”
“Ek weet nie!” is sy skerp antwoord. “Ek is mos nie sy oppasser nie!”
10Maar die Here sê vir hom: “Wat het jy nou aangevang? Die bloed van jou broer roep na My daar waar dit op die grond geval het! 11Daarom word jy verban van die grond wat jou broer se bloed uit jou hand ontvang het. 12Dit sal nie meer vir jou ’n goeie oes lewer nie, al werk jy hoe hard daarvoor. Van nou af sal jy ’n vlugteling en ’n swerwer op aarde wees.”
13Kain antwoord die Here: “My straf is te groot om te dra! 14U het my verban van my grond af en uit u teenwoordigheid. U het my ’n swerwende vlugteling op aarde gemaak. Elkeen wat my teëkom, sal my wil doodmaak!”
15Die Here antwoord hom: “Nee, hulle sal jou nie doodmaak nie, want enigiemand wat jou doodmaak, sal sewe maal gestraf word.” Toe sit die Here God ’n teken aan hom sodat niemand wat hom teëkom hom sal doodmaak nie.
Kain se familie
16Kain het van die Here God se teenwoordigheid af weggegaan en in die land Nod, oos van Eden, gaan woon.
17Kain het by sy vrou geslaap, sy het swanger geword en geboorte gegee aan Henog. Kain het ’n stad gebou en dit vernoem na sy seun Henog.
18Henog was die pa van Irad. Irad was die pa van Megujael. Megujael was die pa van Metusael. Metusael was die pa van Lameg.
19Lameg het met twee vroue, Ada en Silla, getrou. 20Ada was die ma van Jabal. Hy was die voorvader van die veeboere wat in tente gewoon het. 21Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die voorvader van die musikante wat op die harp en die fluit gespeel het. 22Tubal-Kain was die seun van Silla. Hy was die voorvader van die metaalwerkers wat instrumente uit koper en yster gemaak het. Sy suster se naam was Naäma.
23Op ’n dag sê Lameg vir sy twee vroue Ada en Silla:
“Vroue van Lameg,
hoor wat ek vir julle sê!
Luister na wat ek sê.
’n Man wat my wond, maak ek dood,
ja, selfs ’n jong man wat my aanval.
24Kain se dood sal sewe maal gewreek word,
maar Lameg s’n 77 maal!”
25Adam het weer by sy vrou geslaap en sy het ’n seun in die wêreld gebring. Sy het hom Set genoem, want sy het gesê: “God het vir my ’n ander seun gegee in die plek van Abel wat deur Kain doodgemaak is.” 26Ook Set het ’n seun gehad wat hy Enos genoem het. In hierdie tyd het die mense die Here begin aanbid.
Gebed
Here,
Die bome van die bos jubel voor U aangesig HERE; want U kom om die aarde te oordeel.
Die aarde het gebewe en die hemele het gereën voor U aangesig o God;
Sinai het beweeg voor U aangesig my God, die God van Israel!
Berge smelt weg soos was voor U aangesig o HERE
Bewe, aarde, in die teenwoordigheid van die Here, in die teenwoordigheid van die God van Jakob!
Moenie my verban wég van U teenwoordigheid nie…
In U teenwoordigheid is vreugde,
U verberg hulle wat U dien veilig in U teenwoordigheid teen komplotte van mense.
Moenie my verban wég van U teenwoordigheid nie…
Majesteit en heerlikheid is voor U aangesig
U bedek my in U skuilplek,veilig van dié wat my beskuldig.
Moenie my verban wég van U teenwoordigheid nie…
Ek kom met lofsange voor U,
Ek besing U met lofliedere
U teenwoordigheid Here sal tye van oplewing tot gevolg hê
Laat dit oplewe binne in my Here!
In Jesus naam
Amen