Genesis Carine  

Genesis 3

The Fall
Gen 3:1  Now the serpent was more cunning than any beast of the field which Jehovah God had made. And he said to the woman, Is it so that God has said, You shall not eat of every tree of the garden? 
Gen 3:2  And the woman said to the serpent, We may eat of the fruit of the trees of the garden. 
Gen 3:3  But of the fruit of the tree which is in the middle of the garden, God has said, You shall not eat of it, neither shall you touch it, lest you die. 
Gen 3:4  And the serpent said to the woman, You shall not surely die, 
Gen 3:5  for God knows that in the day you eat of it, then your eyes shall be opened, and you shall be as God, knowing good and evil. 
Gen 3:6  And when the woman saw that the tree was good for food, and that it was pleasing to the eyes, and a tree to be desired to make wise, she took of its fruit, and ate. She also gave to her husband with her, and he ate. 
Gen 3:7  And the eyes of both of them were opened. And they knew that they were naked. And they sewed fig leaves together and made girdles for themselves. 
Gen 3:8  And they heard the voice of Jehovah God walking in the garden in the cool of the day. And Adam and his wife hid themselves from the presence of Jehovah God in the middle of the trees of the garden. 
Gen 3:9  And Jehovah God called to Adam and said to him, Where are you? 
Gen 3:10  And he said, I heard Your voice in the garden, and I was afraid, because I am naked, and I hid myself. 
Gen 3:11  And He said, Who told you that you were naked? Have you eaten of the tree which I commanded you that you should not eat? 
Gen 3:12  And the man said, The woman whom You gave to be with me, she gave me of the tree, and I ate. 
Gen 3:13  And Jehovah God said to the woman, What is this you have done? And the woman said, The serpent deceived me, and I ate. 
Gen 3:14  And Jehovah God said to the serpent, Because you have done this you are cursed more than all cattle, and more than every animal of the field. You shall go upon your belly, and you shall eat dust all the days of your life. 
Gen 3:15  And I will put enmity between you and the woman, and between your seed and her Seed; He will bruise your head, and you shall bruise His heel. 
Gen 3:16  To the woman He said, I will greatly increase your sorrow and your conception. In pain you shall bear sons, and your desire shall be toward your husband, and he shall rule over you. 
Gen 3:17  And to Adam He said, Because you have listened to the voice of your wife and have eaten of the tree, of which I commanded you, saying, You shall not eat of it! The ground is cursed for your sake. In pain shall you eat of it all the days of your life. 
Gen 3:18  It shall also bring forth thorns and thistles to you, and you shall eat the herb of the field. 
Gen 3:19  In the sweat of your face you shall eat bread until you return to the ground, for out of it you were taken. For dust you are, and to dust you shall return. 
Gen 3:20  And Adam called his wife’s name Eve, because she was the mother of all living. 
Gen 3:21  And for Adam and his wife Jehovah God made coats of skins, and clothed them. 
Gen 3:22  And Jehovah God said, Behold, the man has become as one of Us, to know good and evil. And now, lest he put forth his hand and take also of the tree of life, and eat, and live forever, 
Gen 3:23  therefore Jehovah God sent him out from the garden of Eden to till the ground from which he had been taken. 
Gen 3:24  And He drove out the man. And He placed cherubs at the east of the garden of Eden, and a flaming sword which turned every way, to guard the way to the tree of life.

Two Trees Prayer

Lord my God,
These two trees confront me every day… help me to make the right choices.
Life giving choices not death breeding ones.

By washing my robes in Your Blood I obtain the right to eat from the Tree of Life.
I am what I eat…
What should I look like then?
I should have a wholesome tongue
I should not be rebellious
I should walk in my authority
I should be an overcomer
Blessed

I am not there yet Lord… Help me!

In Jesus’ name

Amen

Die mens oortree God se verbod

1Die slang was listiger as al die diere wat die Here God gemaak het. “Is dit regtig so?” vra hy vir die vrou. “Het God regtig gesê julle mag niks van die vrugte in die tuin eet nie?”

2“Natuurlik mag ons van die vrugte eet,” sê die vrou. 3“Dis net van die vrugte van die boom in die middel van die tuin wat ons nie mag eet nie of selfs aan raak nie, anders sal ons sterf.”

4“Julle sal nie sterf nie!” sê die slang. 5“God weet dat julle oë sal oopgaan wanneer julle daarvan eet. Julle sal dan net soos God wees en weet van goed en kwaad.”

6Dit het die vrou oortuig. Wanneer sy na die boom kyk, lyk die vrugte mooi en aanloklik, geskik om ’n mens verstandig en slim te maak. Sy pluk ’n vrug van die boom, eet daarvan en gee vir haar man by haar; en hy het ook geëet. 7Toe gaan hulle oë werklik oop en besef hulle dat hulle sonder klere is. Hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle omgehang om hulleself toe te maak.

8Teen die aand hoor hulle hoe die Here God in die tuin loop. Hulle kruip toe weg tussen die bome. 9Die Here God het toe na die mens geroep: “Waar is jy?”

10Hy antwoord: “Ek het U hoor aankom in die tuin en gaan wegkruip. Ek was bang omdat ek sonder klere is.”

11“Wie het vir jou gesê dat jy sonder klere is?” vra die Here God. “Het jy dan van die boom geëet wat Ek jou beveel het om nie te eet nie?”

12“Ja,” erken die mens, “dit was die vrou wat U aan my gegee het wat die vrugte vir my aangebied het, en toe het ek daarvan geëet.”

13Daarop vra die Here God vir die vrou: “Hoe kon jy so ’n ding doen?”

“Die slang het my bedrieg,” antwoord sy. “Dis hoekom ek geëet het.”

14Toe sê die Here God vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere op die aarde. Op jou pens sal jy seil en stof sal jy eet so lank as wat jy lewe. 15Van nou af sal jy en die vrou vyande wees. Dit geld ook vir jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop inslaan en jy sal hom noodlottig aan die hakskeen byt.”

16Vir die vrou sê Hy: “Ek sal jou swangerskap moeilik maak; met pyn en lyding sal jy kinders in die wêreld bring. Jou begeerte sal na jou man wees, maar hy sal oor jou heers.”

17Vir die mens sê Hy: “Jy het jou deur jou vrou laat ompraat en van die vrugte geëet wat Ek jou verbied het om te doen. Daarom vervloek Ek die grond. Jou hele lewe lank sal jy met swaarkry sukkel om ’n bestaan daaruit te maak. 18Dit sal vir jou dorings en dissels oplewer en jy sal van die plante van die veld eet. 19Jou hele lewe lank, tot die einde van jou dae, sal jy met moeite werk om iets te hê om te eet. Aan die einde van jou lewe sal jy weer terugkeer na die grond waaruit jy geneem is. Want jy is van stof gemaak en jy sal weer stof word.”

20Die mens het sy vrou Eva genoem omdat sy die moeder sou word van alle mense op die hele aarde. 21Toe het die Here God vir die mens en sy vrou klere van vel gemaak en hulle dit laat aantrek.

22Daarna sê die Here God: “Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hulle ook weet van goed en kwaad. Wat sal gebeur as hulle van die vrugte van die boom van die lewe vat en eet? Hulle sal dan vir altyd lewe!” 23Die Here God het daarom die mens uit die Tuin van Eden weggestuur om die grond te gaan bewerk waaruit hy geneem is. 24Nadat die Here God hulle uit die tuin verban het, het Hy gerubs oos van Eden aangestel om met ’n vlammende swaard, wat heen en weer beweeg, die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

Twee Bome Gebed

Here my God, Ek word elke dag gekonfronteer met die twee bome… help my om die regte keuses te maak. Keuses wat lewegewend is, nie keuses wat die dood voortbring nie.

Deur my kleed in U bloed te was verkry ek die reg om te eet van die Boom van die Lewe.

Ek is wat ek eet…

Hoe moet ek dan lyk?

Ek behoort sagtheid van tong te hê

Ek behoort nie rebels te wees nie

Ek behoort te stap in my outoriteit

Ek behoort ‘n oorwinnaar te wees

Geseënd

Ek is nog nie daar nie Here…Help my!

In Jesus naam

Amen

Leave A Comment

Verified by MonsterInsights