Genesis 1
The Creation of the World
Gen 1:1 In the beginning God created the heavens and the earth.
Gen 1:2 And the earth was without form and empty. And darkness was on the face of the deep. And the Spirit of God moved on the face of the waters.
Gen 1:3 And God said, Let there be light. And there was light.
Gen 1:4 And God saw the light that it was good. And God divided between the light and the darkness.
Gen 1:5 And God called the light, Day. And He called the darkness, Night. And the evening and the morning were the first day.
Gen 1:6 And God said, Let there be an expanse in the middle of the waters, and let it divide the waters from the waters.
Gen 1:7 And God made the expanse, and divided the waters which were under the expanse from the waters which were above the expanse; and it was so.
Gen 1:8 And God called the expanse, Heavens. And the evening and the morning were the second day.
Gen 1:9 And God said, Let the waters under the heavens be gathered together to one place, and let the dry land appear; and it was so.
Gen 1:10 And God called the dry land, Earth. And He called the gathering together of the waters, Seas. And God saw that it was good.
Gen 1:11 And God said, Let the earth bring forth tender sprouts (the herb seeding seed and the fruit tree producing fruit after its kind, whose seed is in itself) upon the earth; and it was so.
Gen 1:12 And the earth brought forth tender sprouts, the herb yielding seed after its kind, and the tree producing fruit after its kind, whose seed was in itself. And God saw that it was good.
Gen 1:13 And the evening and the morning were the third day.
Gen 1:14 And God said, Let there be lights in the expanse of the heavens to divide between the day and the night. And let them be for signs, and for seasons, and for days and years.
Gen 1:15 And let them be for lights in the expanse of the heavens to give light upon the earth. And it was so.
Gen 1:16 And God made two great lights: the greater light to rule the day and the smaller light to rule the night, and the stars also.
Gen 1:17 And God set them in the expanse of the heavens to give light upon the earth,
Gen 1:18 and to rule over the day and over the night; and to divide between the light and the darkness. And God saw that it was good.
Gen 1:19 And the evening and the morning were the fourth day.
Gen 1:20 And God said, Let the waters swarm with swarmers having a living soul; and let birds fly over the earth on the face of the expanse of the heavens.
Gen 1:21 And God created great sea-animals, and every living soul that creeps with which the waters swarmed after their kind; and every winged fowl after its kind. And God saw that it was good.
Gen 1:22 And God blessed them, saying, Be fruitful and multiply, and fill the waters of the seas and let the fowl multiply in the earth.
Gen 1:23 And the evening and the morning were the fifth day.
Gen 1:24 And God said, Let the earth bring forth the living creature after its kind, cattle, and creepers, and its beasts of the earth after its kind; and it was so.
Gen 1:25 And God made the beasts of the earth after its kind, and cattle after their kind, and all creepers upon the earth after their kind. And God saw that it was good.
Gen 1:26 And God said, Let Us make man in Our image, after Our likeness. And let them have dominion over the fish of the sea, and over the fowl of the heavens, and over the cattle, and over all the earth, and over all the creepers creeping on the earth.
Gen 1:27 And God created man in His image; in the image of God He created him. He created them male and female.
Gen 1:28 And God blessed them. And God said to them, Be fruitful, and multiply and fill the earth, and subdue it. And have dominion over the fish of the sea and over the fowl of the heavens, and all animals that move upon the earth.
Gen 1:29 And God said, Behold! I have given you every herb seeding seed which is upon the face of all the earth, and every tree in which is the fruit of a tree seeding seed; to you it shall be for food.
Gen 1:30 And to every beast of the earth, and to every fowl of the heavens, and to every creeper on the earth which has in it a living soul every green plant is for food; and it was so.
Gen 1:31 And God saw everything that He had made, and behold, it was very good. And the evening and the morning were the sixth day.
Creation Prayer
O Father, when I look at Your heavens, the work of Your fingers, the moon and stars that You set in place, my Lord, how glorious is Your name throughout the earth!
You have made the earth by Your power; You have established the world by Your wisdom, and have stretched out the heavens by Your judgment.
When You utter Your voice, there is a noise of many waters in the heavens. You cause the vapors to ascend from the ends of the earth; You make lightnings with rain, and bring forth the wind out of Your treasures.
Words spoken and earth teems with the miracle of life. Brimming with the abundance of Your imagination in variety, color and kind.
Adam, waking up and staring into the fire in Your eyes as You breathed life into him. Your Son, God, has made me and Your breath, Almighty, has given me life. You inspire me.
You desire truth in my inmost being. Let me know wisdom in the hidden parts of my heart.
I am glad and rejoice forever in that which You create!
In Jesus’ name
Amen
God skep alles
1In die begin het God die ganse heelal geskep, die hemel daarbo en die aarde hieronder. 2Maar die aarde was ’n vormlose, onbewoonbare massa, en die diep waters was toegevou in duisternis. Die Gees van God het oor die oppervlakte van die water gesweef. 3Toe beveel God: “Laat daar lig wees!” en dit was so. 4Die lig was vir God goed. Daarop het God die lig en die donkerte van mekaar geskei. 5God het die lig “dag” genoem en die donkerte “nag”. Dit alles het op die eerste dag gebeur.
6God het beveel: “Laat daar skeiding kom tussen die waters!” 7So het God die hemelkoepel gemaak wat die water bokant die aarde skei van die water onder op die aarde. Dit het alles net so gebeur. 8God noem toe die blou koepel “hemel”. Dit het op die tweede dag gebeur.
9God het beveel: “Laat die water op die aarde op een plek bymekaarkom sodat die droë grond te voorskyn kan kom!” Dit het presies so gebeur. 10God noem toe die droë grond “land” en die versameling water noem Hy “see”. Ook dit was vir God goed.
11Toe beveel God: “Laat plante uit die grond voortspruit wat saad dra en ook vrugtebome wat vrugte gee.” En dit het gebeur. 12Die aarde het toe sulke plante voortgebring, asook vrugtebome van allerlei soorte. God het gesien dat dit goed was. 13Dit het op die derde dag gebeur.
14God het beveel: “Laat daar ligte wees aan die hemelkoepel sodat dag en nag onderskei kan word en dit ook kan dien as tekens om seisoene, dae en jare te bepaal. 15Die ligte in die hemelkoepel moet ook die aarde verlig.” Dit het toe so gebeur. 16So het God die twee groot ligte gemaak: die grootste om in die dag te skyn en die kleiner een om in die nag te skyn. Hy het ook die sterre gemaak. 17God het hierdie ligte in die hemelkoepel geplaas om die aarde te verlig, 18die een in die dag en die ander in die nag en ook om lig en donkerte van mekaar te skei. God het gesien dat dit goed was. 19Dit het op die vierde dag gebeur.
20God het verder beveel: “Laat die waters wemel van lewende wesens en laat voëls bo in die lug oor die aarde vlieg.” 21God het die groot seediere geskep, al die verskillende soorte wesens wat in die water lewe, asook al die baie soorte voëls. God was tevrede met wat Hy gesien het. 22God het hulle geseën deur te sê: “Wees vrugbaar, vermeerder en vul die oseane en laat die voëls op die aarde vermeerder.” 23Dit het op die vyfde dag gebeur.
24God het weer beveel: “Laat die aarde allerlei soorte diere oplewer: mak diere, diere wat kruip en wilde diere – almal na eie aard.” Dit het presies so gebeur.
25So het God allerlei soorte wilde diere gemaak, mak diere en diere wat op die grond kruip. God het gesien dit was goed.
26God sê toe: “Laat Ons ’n mens maak wat met Ons ooreenstem om te heers oor die visse in die see, oor die voëls in die lug, oor die mak diere, oor die wilde diere, en oor alles wat op die aarde kruip.”
27God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep; volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep.
28God het hulle geseën deur te sê: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. Onderwerp die aarde en heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en oor al die diere op die aarde.”
29Verder sê God: “Let op, Ek het aan julle al die plante wat saad dra, gegee en al die bome wat vrugte en saad gee. Dit is vir julle om van te eet.
30Maar die groen gras en plante gee Ek aan al die diere op die aarde, die voëls in die lug en die klein diertjies wat op die aarde kruip.” Dit het so gebeur.
31God het na sy handewerk gekyk en dit was baie goed. Dit alles het God op die sesde dag gemaak.
Gebed
Vader, wanneer ek U hemelruim aanskou, die werk van U hande, die maan en die sterre wat U in plek gesit het, Here, hoe wonderbaar is U naam deur die ganse aarde!
U het die aarde deur U krag gemaak. U het die wêreld deur U kennis laat ontstaan. Dit is deur U insig dat die hemel uitgesprei lê.
As U praat, kom die wolkmassa in oproer. U laat mistigheid opstyg vanaf die eindes van die aarde.
U stuur ook weerlig saam met die reën, U laat die wind vry uit U stoorkamers.
Woorde is geuiter en die aarde wemel met lewe – ‘n wonderwerk op sig self. ‘n Planeet waar die oorvloed van U verbeelding sigbaar is in verskeidenheid, kleur en soort.
Adam ontwaak en staar vas in U oë terwyl U lewe in hom inblaas. U Seun o God het my geskep en U asem, Almagtige God, het vir my ook lewe gegee. U inspireer my.
Maar U verwag waarheid in my hart. Leer my om wysheid te besit.
Ek is verheug en verbly my vir ewig in dit wat U skep!
In Jesus naam
Amen